Friday Apr 10, 2020

Ben Schoonwinkel van Syngenta

Syngenta is ‘n innoverende maatskappy wat nie slegs gewasbeskermingsoplossings vir boere ontwikkel nie.

Ben Schoonwinkel, hoof van kliëntebemarking vir Syngenta, gesels met Jacques Basson oor ‘n verskeidenheid van vernuwende inisiatiewe waarby Syngenta betrokke is.

Syngenta, wat in 2000 tot stand gekom het nadat Novartis Agribusiness en Zeneca Agrochemicals saamgesmelt het, is een van die grootste gewasbeskermingsmaatskappye in die wêreld, met verkope van US$13.5 biljoen in 2019.

Volgens Ben is Syngenta se hoofdoel om nuwe oplossings na boere te bring, maar met bykomende initiatiewe soos Agriclime, ‘n versekeringsopsie aan Syngenta-klante, en die Leadership Academy for Agriculture, wat leiers help ontwikkel en toerus met die nodige vaardighede en kundigheid om ‘n verskil te maak in die sektor, het Syngenta hulself ongetwyfeld gevestig as een van die groot rolspelers in Suid-Afrikaanse landbou...

Jacques Basson

Version: 20240320