Friday Feb 14, 2020

Patrice Motsepe

Motsepe is ‘n mynmagnaat en Miljardêr , wat in 2012 benoem is as Suid-Afrika se rykste man met ‘n beraamde rykdom van nagenoeg R12 Miljard.

Hy lewer ‘n imromptu maar hoogs inspirerende praatjie by Agri SA se 2019 kongres, waarvan heelwat in vlot Afrikaans, oor die uitdagings wat hierdie land in die gesig staar.

Volgens Motsepe moet almal eenvoudig hande vat en saamwerk. Hy benadruk verder die belangrikheid van gebed en geloof in Jesus Christus.

Hy word daagliks geïnspireer deur gewone Suid-Afrikaners, boere, wit en swart, en die vertroue wat hulle uitstraal om ‘n inklusiewe land te help skep.

Jacques Basson

Version: 20240731